- REDUCED
Upington, Upington Rural
Goed ontwikkelde 11 501.599ha Wes-Kalahari skaap plaas (Tipiese duine plaas).
Drakrag 30ha/GVE. Val in die 120mm tot 150mm reënval gebied
Bestaan uit 2 gedeeltes (8149.9061ha en 3351.6929ha) wat langs mekaar geleë is en word geboer as ‘n eenheid.
Die toegang na plaas is 115km teerpad en 35 grondpad.
Goeie woonhuis met buite geboue, toegerus met sonkrag.
Opgedeel in 40 kampe met water vir elke kamp (daar is ook 2 water kampies)
11 Boorgate toegerus met sonpompe.
10 Damme en 32 water tenke ( 1 x 10 000L, 7 x 5000L en 2 x 2 500l ).
Water word versprei met 6 bar hoedruk pyplyne.
Die plaas is reg rondom gejakkals proef (sif draad).
Weiding bestaan uit Boesman grasse, Duingras, Gha gras ens, tipiesde gras/duine veld.
Baie Vaal kameel bome, brosdoring en gedeelte ganna veld langs die droë rivier loop.